Aktiewe bestanddele wat goed nagevors en kragtig is en sigbare resultate lewer, raak ál meer die goue standaard in velsorg. Maak retinol vandag nog deel van jou roetine.
Ons almal ken dié wonderlike bestanddeel en is bewus van die fantastiese voordele wat dit vir jou vel inhou. Tog is ons onseker oor wanneer ons retinol aan ons vel stelselmatig moet begin “voorstel.”
In ons twintigs begin ons bewus van velveroudering soos fyn lyntjies rondom ons oë, sonskade en pigmentasie raak. Teen ons vroeë dertigs is die tekens ál meer sigbaar. Om voorkomend op te tree, kan jy al voor die ouderdom van dertig retinol deel van jou velsorgroetine maak. Raadpleeg jou dermatoloog al van jou middel twintigerjare sodat jy betyds retinol begin gebruik.