Dís waarom jy jou gesig met sodawater moet was …

akkreditasie
FOTO: Getty / Gallo Images
FOTO: Getty / Gallo Images

Kan dit wees dat die geheim vir ’n pragtige, stralende vel borrelende sodawater is? Al meer vroue in Japan en Korea was hul gesigte met produkte wat koolsuurgas bevat, berig die Amerikaanse tydskrif Cosmopolitan aanlyn. 

Die water reinig glo jou vel nóg dieper as gewone water. Die koolsuurgas raak makliker van olie en vuilheid wat jou porieë verstop ontslae en stimuleer bloedsirkulasie na jou veloppervlak. Daarby is sodawater se pH-balans dieselfde as jou vel s’n, terwyl kraanwater dikwels meer alkalies is. Die buitenste laag van jou vel word dus nie versteur nie en só sal jou vel nie so maklik uitdroog of geïrriteerd raak nie.

Maar pas op, moenie jou vel daagliks met sodawater was nie. Die koolsuurgas kan ’n sensitiewe vel oor tyd irriteer. Jy kan ook sodawater met ’n wattetjie liggies aan jou vel aanwend.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

Maart/April 2022

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees