’n Egalige, vlekkelose gelaat is sinoniem met jeugdigheid en gesondheid. Tog wys ons vel mettertyd merke en vlekke, wat vererger as ons dit nie korrek behandel nie. Sproete is iets om te vier, maar donker vlekke is ’n velkwessie wat behandel moet word.
Volgens ’n persverklaring van Bioderma is die donkervlekke op ons vel hiperpigmentasie. Daar is verskeie interne en eksterne faktore wat ’n rol speel:
Hiperpigmentasie is ’n algemene velkwessie onder sowel vroue as mans met verskillende veltipes. Dis belangrik om te weet wat die verskillende tipes is, hoe dit vorm, watter tipe produkte jy kan inspan en hoe dit effektief behandel kan word.