As alles goed verloop, gaan die hoogswanger hertogin van Sussex, Meghan Markle, haar baba in April verwelkom. Die hertogin word nog gereeld in die openbaar gewaar en lyk absoluut stralend.

Volgens ’n onlangse mediaverklaring van Bio-Oil gebruik Meghan Bio-Oil Skincare Oil (R100 vir 60 ml) om rekmerke te help voorkom en die voorkoms van bestaande merke te verbeter. Die luukse lyfolie se sterbestanddele is vitamien A, E en laventelolie.

Rekmerke vorm wanneer jou liggaam vinnig groei of uitsit, byvoorbeeld tydens puberteit of swangerskap. Maar deur die nodige voor- en nasorg te tref kan jy jou vel beskerm en rekmerke voorkom of minder opsigtelik laat vertoon.

’n Lyfolie hou talle voordele vir jou vel in:

1. Voorkom rekmerke

Baie vroue ontwikkel rekmerke tydens swangerskap, veral indien hulle nog baie jonk is. Dis belangrik om baie water te drink en gereeld te oefen om jou vel se elastisiteit te verbeter. Hou jou vel goed gehidreerd en soepel en moedig kollageenproduksie aan deur daagliks ’n lyfolie in te masseer.

2. Verbeter littekens van ’n keisersnee

Gaan slaap elke aand met ’n ruim hoeveelheid op die litteken gesmeer.

3. Verlig jeukerigheid

As gevolg van verhoogde bloedtoevoer tydens swangerskap kan jou vel meer jeukerig voel. Vermy hitte en moenie stywe klere dra nie. ’n Lyfolie sal ’n hidrerende en kalmerende effek op jou vel hê en die jeukerigheid help verlig.

4. Verbeter pigmentasie

Met jou hormoonvlakke wat tydens swangerskap skommel, kan pigmentasie makliker plaasvind. ’n Lyfolie sal help om jou gelaat egalig en stralend te laat vertoon. Bio-Oil Skincare Oil help selvernuwing aan te danke aan die kombinasie van plantekstrakte en vitamiene wat daarin voorkom. Masseer die olie in jou vel in tot dit geabsorbeer is.