Volgens die wetenskap is 'n goeie nagrus noodsaaklik om ons vel te herstel, hernuwe en herstruktureer. Volwassenes moet ten minste sewe ure per nag slaap. Die Telegraph berig aanlyn dat slegs 32% van volwassenes genoegsame slaap snags kry. Die verbintenis tussen slaap en velgesondheid is beduidend, al hoe meer skoonheidshuise vervaardig produkte wat die beste werk wanneer jy slaap.

FOTO Instagram / Dermalogica

Hoe werk dit?

Selvernuwing vind plaas wanneer ons liggaam kans kry om te rus. Só vertoon jou vel gesond, glansend en helder wanneer jy in die oggend wakker word. Gedurende die dag is ons vel aanhoudend besig om gehidreerd te probeer bly en ons te beskerm teen die sonlig. Snags wanneer ons slaap en dis donker, is ons vel geprogrammeer om te herstel.

Ons liggame skakel oor in verskeie tipes slaap, dis belangrik dat ons vel met goeie gehalte velsorgprodukte toegerus is wanneer ons diep slaap. Só kan ons vel optimaal herstel.

Wat moet ek doen?

Eenvoud is belangrik. Moenie talle verskillende produkte op jou vel saans smeer nie. 'n Oormate van velsorgprodukte kan jou vel moontlik irriteer en verstop. Roteer tussen verskillende velsorgprodukte met 'n verskeidenheid aktiewe bestanddele om jou vel gestimuleerd te hou. 

Só help slaap jou vel ...

  • Jou vel is meer plomp en sag: Groeihormone word tydens slaap uitgeskei. Dis nodig om die vervaardiging van kollageen te stimuleer. Kollageen hou jou vel soepel en verminder plooie.
  • Helder gelaat en minder aknee: Dooie velselle kan jou velgelaat vaal laat lyk. Boonop verstop dit jou porieë en lei tot die vorming van aknee. Slaap help om nuwe velselle te vorm.
  • Wakker oë sonder donker kringe: As jy te min slaap, verbreed jou bloedvate wat tot 'n donker skakering by die dun en delikate vel onder jou oë lei.

Probeer die produkte:

Dermalogica Sound Sleep Cocoon Transformative Night Gel-cream (R1399) 


Het jy geweet?

Dermalogica vier 25 jaar van velgesondheid in Suid-Afrika! Hulle bied revolusionêre velsorg met innoverende vermengings. Dermalogica is toekoms-doelgerig: hulle velsorgprodukte bevat geen bestanddele wat skade vir jou vel sowel as vir die natuur inhou nie. Byna al Dermaoligac se produkte is veganisties.

Die stigter van die velsorghuis Dermalogica, Jane Wurwand, is bekend vir haar passie vir velsorg en opleiding en haar onwrikbare entrepreneursgees. Haar suksesverhaal het begin toe sy in die 1980’s as professionele velsorgterapeut in Los Angeles ’n tekort aan verdere opleiding vir velsorgterapeute geïdentifiseer het. In 1983 het sy die International Dermal Institute in ’n enkelkamer begin om nagraadse velsorgkursusse aan gekwalifiseerde terapeute te bied. Hiér het sy die waarde van ’n goed opgeleide terapeut met die kennis om spesifiek aandag aan jou vel se unieke probleme te gee benadruk.

Drie jaar later besef sy ook die produkte op die mark is nie sag genoeg vir haar sensitiewe vel wat soms simptome van ekseem toon nie. Haar oplossing: Om haar eie reeks te ontwikkel met bestanddele wat nie jou vel irriteer nie. Dermalogica is gebore en agt jaar later ook in Suid-Afrika bekend gestel. Vandag is dié velsorgprodukte in meer as 80 lande beskikbaar en word die huis beskou as ’n voorloper in velsorgnavorsing- en ontwikkeling.

Payot Blue Techni Liss Nuit (R765)

The Body Shop Drops of Youth Youth Bouncy Sleeping Mask (R360)

Bronne: www.telegraph.co.uk, www.huffpost.com