Sedert die inperking einde Maart amptelik afgeskop het, lyk ons idee van normaal heel anders. Ons het gewoond geraak om elke dag binne die huis te wees, tensy daar dringend kosvoorrade aangevul moet word.
Ja, vlak 4 beperk jou steeds, maar dit beteken nie dat jy in die huis vasgekluister hoef te wees nie. Vir jou gemoed én gesondheid is dit belangrik om tyd buite die mure van die huis te spandeer. Boonop help dit om kajuitkoors hok te slaan.
Dis belangrik om die natuurlike vorm van vitamien D in te kry. So bietjie tyd in die son (’n bron van vitamien D) is net wat jy nodig het. Onthou dat die tyd wat jy wel in die son moet deurbring vir jou lyf om genoeg vitamien D te vervaardig, min is. Sowat 10 minute is voldoende.