As jy sukkel met 'n olierige vel, is 'n produk wat olie bevat die laaste ding wat jy moet gebruik. 

Maar volgens die Isa Carstens Akademie kán 'n reiniger met 'n oliebasis 'n verskil maak. Olie kan nie deur water en seep opgelos word nie, maar wel deur ander olies.

'n Oliereiniger werk baie goed as jy daagliks baie grimering dra omdat dit met vetterige grimeerdeeltjies bind en so sorg dat dit behoorlik van jou veloppervlak verwyder word.

Gebruik daarna 'n ligte jel- of skuimreiniger om enige ander vuiligheid te verwyder. Besoek www.isacarstens.co.za

Probeer die produkte:

The Body Shop Camomile Silky Cleansing Oil (R230)

Skin Creamery Sesame Oil Baobab Melon Seed Oil-Milk Cleanser (R375) By Poetry.

Bobbi Brown Soothing Cleansing Oil (R915)

SARIE Voorbladgesig word trots aangebied in samewerking met Jimmy Choo ParfumsINOAR, die Isa Carstens Akademie en Kalahari Lifestyle