Daar is nie net ’n toename in mense wat plastiese chirurgie aan die boonste deel van hul gesig – veral hul oë – wil hê nie. Lipvergrotings is, verbasend genoeg, ewe in aanvraag.
Covid of nie, dié prosedure het met 20% tot 30% toegeneem, sê dr. Nerina Wilkinson, ’n plastiese chirurg van Kaapstad. Maar die dae dat jou eendbekkie vóór jou om die hoek kom, is vir goed verby. Groter is uit; jou lippe moet in balans met die res van jou gesig wees.
“Die liparea is baie kompleks en een benadering werk ook nie vir almal nie,” sê dr. Wilkinson. Balans is inderdaad die nuwe wagwoord, volgens haar.