Net soos wat jy in die winter slaai, vrugte en roomys vir heerlike sop, bredies en warm sjokolade verruil, het jou vel óók behoefte aan verandering.
Met nog ’n kouefront wat woed, word sonnige Suid-Afrika met ’n kouer klimaat oortrek wat jou nie net sal laat bibber van die koue nie, maar óók jou vel sal beïnvloed.
Verder impliseer dit ook droër lug wat beteken dat daar minder vog in die lug is. Dit kan tot droog- en gedehidreerde veltoestande lei.