Gereeld hoor ons iemand sê hulle het ’n “bad hair day”. En met goeie rede ken ons daai sê-ding al te goed. Ons hare is ons kroon en die dae wat ons kroon nie reg lyk nie, tas dit sommer ons gemoed, selfvertroue en houding aan. 

Die verskeidenheid van haarstyle is immergroen en haarinspirasie lê ook die kuberruim vol. Maar net omdat ’n haarstyl mooi op iemand anders lyk, beteken nie dat dit ook vir jóú gaan werk nie. Het jy dalk besef dat jou geliefkoosde haarstyl, kleur of haarbykomstighede jou ouer kan laat lyk en ook glad nie vlei nie?

Pasop vir die haarfoute

1. Jy dra ’n verouderde haarstyl

Unpainted female hair roots. Gray hair. The concep
FOTO Getty Images / Gallo Images

Die tipe haarstyle skep dadelik die indruk dat dit outyds lyk en dalk aan ’n spesifieke era herinner. Dink maar aan ’n kuif wat te erg uitgeblaas is, hare wat in te veel verskillende lae gesny is of ligstrepies wat glad nie mooi by die res van jou haarkleur inskakeer nie en met ’n seer oog uitstaan.

Oplossing: Dink mooi oor hoekom jy van jou huidige haarstyl en -kleur hou en raadpleeg jou haarkapper oor hoe jy van daardie aspekte steeds kan kombineer in ’n nuwe moderne styl.

2. Jou hare is te lank

Unpainted female hair roots. Gray hair. The concep
FOTO Getty Images / Gallo Images

Baie vrouens is hieraan skuldig en besoek nie graag die haarsalon nie. Ons klou so aan die lengte vas en besef nie dat dit ons afgemat en onversorgd laat lyk nie. Dan nie eens te praat van gesplete haarpunte nie!

Oplossing: Prioritiseer gereeld ’n besoek aan jou haarkapper om net seker te maak dat jou haarpunte vars en gesond lyk. Moenie bang wees om ’n nuwe korter haarstyl te beproef nie, hare groei weer - jou lang hare getuig juis daarvan!

3. Jy blaas nie jou hare heeltemal droog nie

FOTO Getty Images / Gallo Images

Dit skep die indruk dat jy jou voorkoms afskeep en nie reg is vir die dag nie. Hare wat nog effens nat is is geneig om vinnig kroeserig te lyk. 

Oplossing: Beplan jou haarwasdae noukeurig vooruit, sodat jy genoeg tyd het om dit mooi droog te blaas en te stileer. As jou tyd steeds min is, dra jou hare in ’n netjiese opstyl.

4. Jou haarkleur lyk uitgewas, groei uit of pas nie by jou velondertoon nie

Unpainted female hair roots. Gray hair. The concep
FOTO Getty Images / Gallo Images

As daar ’n groot verskil tussen jou natuurlike haarkleur en jou gekleurde haarkleur is, is hierdie haarfout absoluut taboe. Dit laat jou gelaat en algehele voorkoms vaal en onversorgd lyk. Pasop ook vir hare wat te donker of te lig is, dit kan jou bleek of vaal laat lyk. Dit skep ook die idee van ’n onnatuurlike voorkoms.

Oplossing: Beplan jou haarafsprake vooruit, sodat jy nie te lank met ’n onversorgde of vaal haarvoorkoms hoef te sukkel nie. Kies ook slim - dalk is dit beter om ’n haarkleur te kies wat nader aan jou natuurlike kleur is. Probeer ’n gekleurde haarsproei om meteens jou hare wat uitgroei, weg te steek. Lees meer hier.

5. Jy krul jou hare na jou gesig toe

Pretty woman styling her hair with a curling iron
FOTO Getty Images / Gallo Images

Ons almal is lief daarvoor om ons hare in mooi krulle te stileer. Los, golwende krulle is hoogmode en lyk mooi by almal. Die truuk is om jou hare weg van jou gesig af te stilleer. Sodra die golwe na jou gesig toe wys laat dit jou gelaatstrekke hard lyk en dit maak jou gesig toe.

Oplossing: Maak seker dat jy jou haarlengtes weg van jou gesig draai wanneer jy dit met ’n krultang stileer. Dit sal jou gelaatstrekke sagter laat vertoon en ’n mooi, oop voorkoms skep.

6. Jy dra ’n korter haarstyl omdat jy al ouer is

Womans hand holding wet, blonde, tangled hair afte
FOTO Getty Images / Gallo Images

Vrouens moet ophou glo dat slegs korter hare by jou pas sodra jy ouer is. Dis beslis nie waar nie en ongeag jou ouderdom kan jy enige lengte beproef. Langer hare skep die idee van jeugdigheid en gesondheid.

Oplossing: Moenie bang wees om ’n langer styl te dra nie, die geheim is om seker te maak dat jou hare gesond en goed versorgd lyk. 

Bronne: www.byrdie.comwww.newbeauty.com, www.rd.com