Ja, ons almal is al keelvol vir hierdie rympie, maar tog bly dit waar. Nie net het Covid-19 ons lewe handomkeer kom verander nie, maar ook ’n impak op ons velsorgroetines gehad.

“Ons het waarlik verandering ten opsigte van mense se velsorgroetines oor die afgelope jaar opgelet,” voeg dr. Alek Nikolic, spesialis in Estetiese Medisyne en uitvoerende direkteur van die aanlyn velsorgwinkel, SkinMiles.

Hy voer aan dat verskeie faktore tot duidelike veranderings in ons vel se voorkoms en die wyse waarop ons vel reageer, gelei het. “Ons het ’n groot verandering in die tipe velkwale wat mense probeer behandel sowel as die produkte waarvoor hulle aanlyn soek, opgelet.”

Dr. Alek deel sy insigte én raad:

“Maskne”

Woman looking herself in the mirror at home standi
FOTO Getty Images / Gallo Images

Die tendens is voor die hand liggend - die term verwys na aknee en merke of vlekke wat weens gereelde maskerdra ontstaan. In kort, sukkel ons hiermee, aangesien hoë vlakke van vog en bakterieë vasgevang word en sodoende die velwand negatief beïnvloed. Lees meer hier.

“Ek ervaar dat so baie kliënte met hierdie velkwessie sukkel en dat soektogte vir raad hoe om aknee en vlekke te behandel, die hoogte ingeskiet het,” sê dr. Alek. 

Jou oplossing?

  • Gebruik ’n vogroom wat seramiedes en hialuronsuur bevat.
  • Skaf vir jou ’n gesigsproei aan wat meteens jou vel bevog sal hou en jou velwand sal beskerm.

Dr. Alek hou van:

Alpha-H Daily Essential Vitamin Mist Sk.in Marvel Hydro Shot (R1 060) Beskikbaar aanlyn by skinmiles.com


Zoom

Ons nuwe realiteit is om daagliks met aanlyn-vergaderings besig te wees. “Baie individue is nou nóg meer bewus van hul voorkoms en is opsoek na wyses om hul velbekommernisse uit te sorteer,” sê dr. Alek. 

Daarom is die fokus op kwessies soos fronslyne en ’n afgeremde voorkoms as gevolg van verlies aan volume. Die twee kwale is nóg meer sigbaar oor die wyse waarop ons na ons rekenaarskerms kyk. 

Jou oplossing?

Vir fronslyne ...

Dr. Alek se antwoord is ongetwyfeld botoks. Vullers kan ook goed werk as jou fronslyn al baie diep lê. Lees meer hier.

Vir ’n afgeremde voorkoms ...

“Die mees effektiewe oplossing is vullers, dit sal help om volume te skep en om die hele gesigstruktuur te lig,” se dr. Alek.

Dr. Alek hou van:

Lamelle Dermaheal Re-firm Serum NeoStrata Skin Active Tri-Therapy Lifting Serum (R3 300) Beskikbaar aanlyn by skinmiles.com

Maskers en vullers vir jou lippe 

Woman looking herself in the mirror at home standi
FOTO Getty Images / Gallo Images

Vullers vir jou lippe kraai die afgelope jaar koning. Nou nog meer aangesien maskerdra die herstelproses (swelling en kneusing) help verbloem. Lees meer hier.

Onthou, dis noodsaaklik om ’n velsorgkenner, -terapeut of dokter te raadpleeg indien jy enige van die bogenoemde prosedures oorweeg. 

Dr. Alek hou van:

Image Ormedic CFS Sheer Pink Lip Enhancement Complex (R425) Beskikbaar aanlyn by skinmiles.com

Catrice Better Than Fake Lips Plumping Lip Primer (R126) Beskikbaar aanlyn by superbalist.com

Besoek skinmiles.com om ’n aanlynafspraak met dr. Alek te reël.