Sedert slimfone en sosiale media ons wêreld oorgeneem het, het die rame waardeur ons na die wêreld en die mense rondom ons kyk, drasties verander.

Ons bekyk alles haarfyn deur ’n verwronge raam, wat nie noodwendig die ware realiteit getrou weerspieël nie. As dit by ons selfbeeld kom, trek ons swaar. Wanneer ons onsself vergelyk met die uiterlike voorkoms van modelle of bekendes op sosiale media, begeer ons iets wat ver buite ons eie bereik blyk te wees. 

View this post on Instagram

A post shared by Vogue Beauty (@voguebeauty)

“Mense wil velle soos die modelle en influencers op Instagram hê. Ongelukkig het filters ons sosiale media omtrent oorgeneem. Dis byna onmoontlik om ’n foto te vind wat nie ’n filter op het nie.” Só verduidelik Lourette du Toit, vel- en laserkenner, sowel as besturende direkteur en eienaar van Dermology in Sandton, Johannesburg.  

Lourette du Toit, vel- en laserkenner sowel as besturende direkteur en eienaar van Dermology in Sandton, Johannesburg

“Ek sê altyd, daar is nie iets soos ’n perfekte vel nie, ’n gesonde vel ja, maar nie perfek nie.” Dink maar aan enige persoon wat jy self ken, dit mag dalk vir jou lyk asof hulle nooit opdraendes met hulle eie vel en voorkoms ervaar nie, maar daar sal beslis tye wees wat dit wel die geval is, voeg Lourette by.

FOTO Getty Images / Gallo Images

“Ek sien gereeld pasiënte wat vir hulp kom vra, nadat hulle produkte gebruik het omdat dit vir iemand anders gewerk het. Daarna sit hulle met ’n vel wat se velwand heeltemal gekompromitteer is. Dit sit jou tien stappe terug, want nou moet ons die vel eers weer gesond kry, voordat ons jou aanvanklike velbekommernisse kan behandel. ’n Gesonde vel kan hierdie tipe verandering hanteer en selfs beter en vinniger herstel,” verduidelik Lourette.  

So wat presies, realisties gesproke, is ’n haalbare “perfekte” vel wat eerder op gesondheid fokus? “’n Perfekte vel is skoon, glad, eweredig met absoluut geen probleme nie. ’n Gesonde vel word geken aan die feit dat die fondament van jou vel gesond en sterk is. Dis wanneer die maandelikse puisies of die droër wintermaande wel hulle verskyning maak, maar dan hanteer jou vel dit baie beter as een wat nie gesond is nie.” 

FOTO Instagram / Vogue Beauty

Hoe kry ons ’n gesonde vel?

Lourette verduidelik dat hierdie konsep eintlik heel eenvoudig is. “As jy deur die loop van die jaar daarop fokus om jou vel se velwand gesond te hou, is meeste van jou probleme omtrent al klaar uitgesorteer.”

Dalk beter bekend soos die Engelse vertaling - “skin barrier”. Volgens Lourette is ons velwand vir talle prosesse verantwoordelik, om seker te maak dat ons vel op sy beste funksioneer om waarlik gesond te wees. “Sou een funksie verswak, wys dit in die vorm van verskeie velkwale soos puisies, sensitiwiteit, droë vel en vroeë velveroudering.”

FOTO Instagram / Vogue

Onthou …

Ons het wel nie volkome beheer oor die verskeie interne- en eksterne faktore wat veranderings aan ons vel teweeg sal bring nie.

“Jy kan sonskerm dra en gesond eet en baie water drink, maar die seisoene gaan verander, ons hormone wissel en velprodukte moet aangepas word deur die loop van die jaar.”

Lourette moedig daarom mense aan om eerder te fokus om hul vel gesond te hou, as om net op opinies en insette op sosiale media staat te maak. “Dit is baie belangrik om ’n professionele opinie te kry by iemand wat gekwalifiseerd is. Onthou, skin care is not one size fits all!”

Lourette beantwoord ons vrae ...

1. Wat is jou raad aan diegene wat byvoorbeeld velkwale, waarvan hulle onlangs bewus geraak het, wil regstel en daarmee saam ’n nuwe velsorgroetine of -plan wil inspan om seker te maak dat hul vel gesond is en op sy beste vertoon? 

“Sosiale media is ’n lekker bron van navorsing. Dit gee ons ’n idee wat beskikbaar is, maar terselfdetyd kan dit ook ongelooflik oorweldigend wees. Gereeld kry ek oproepe of boodskappe van mense wat so deurmekaar is en al moeg gedink is oor watter behandeling hulle moet bespreek. Dan stop ek hulle net daar, dís waarvoor ons daar is. As iemand velkwale het wat hulle wil regstel, is daar twee stappe om te neem. Stap 1: Soek velspesialiste wat gekwalifiseerd is met ervaring. Sosiale media en natuurlik word of mouth is altyd ’n goeie plek om te begin. Stap 2: Bespreek ’n konsultasie. ’n Goeie velspesialis sal luister na die pasiënt se probleme en oplossings daarvolgens vind deur na elke liewe opsie te kyk (nie net wat in die praktyk beskikbaar is nie).”

2. Wat is die mees algemene foute wat ons geneig is om te maak wat ons velwand se gesondheid negatief beïnvloed?

“Die gebruik van verkeerde velsorgprodukte kan die velwand ongenadiglik beskadig. Eksterne faktore soos wind, weer en son speel ’n groot rol. Dus as die persoon nie ’n ordentlike sonskerm dra nie, sal die velwand beskadig word. Dan natuurlik ook wat ons mondeliks inneem soos sigarette rook, ongesonde kos en leefstyl dra ook hiertoe by.”

3. Watter wenke kan ons daagliks implementeer om seker te maak dat ons velwand gesond bly?

·      Dra daagliks sonskerm

·      Implementeer ’n goeie velsorgroetine tuis

·      Drink genoeg water

·      Volg ’n gesonde dieet

4. Jou gunsteling velsorgprodukte wat hiermee kan help?

iS CLINICAL SHEALD Recovery Balm 15g (R569)

iS CLINICAL Pro-Heal Serum Advance+ 15ml (R1 868)

Mesoestetic Couperend Maintenance Cream (R1 253) Beskikbaar aanlyn by www.dermastore.co.za

Dr Schrammek Skin Elixier (R995) Beskikbaar aanlyn by www.drschrammek.co.za

DermExcel DermRepair (R315) Beskikbaar aanlyn by dermalhealth.store

Heliocare XF Gel SPF50 (R310) Beskikbaar aanlyn by www.dermastore.co.za

ISDIN Fusion Water SPF50 (R510) Beskikbaar aanlyn by www.dermastore.co.za