Haarafsprake is duur en verg gewoonlik ure in die haarsalon. Dis tog beslis die moeite werd, dis ’n wonderlike gevoel om met ’n pragtige haredos daar uit te stap. Met gesonde haarpunte en ’n pragtige haarkleur sien jy kans om die wêreld aan te durf.

Maar keer op keer staar teleurstelling ons in die gesig wanneer ons besef dat ons haarkleur gou vervaag en nie meer so helder, vars en nuut lyk nie. Sonder dat ons dit eens besef, is ons skuldig aan sekere haarfoute wat die proses ongelukkig aanhelp.

Salon professionals working inside with masks, cli

Vermy die haarfoute sodra jy jou hare laat kleur het:

Moenie jou hare kort na jou haarafspraak was nie

Probeer om ten minste drie dae te wag voordat jy jou hare self was. Dis belangrik om seker te maak dat jou haarkutikels weer goed geseël is en dat die haarkleur mooi kon set. 

Pas die hoeveelheid kere aan wat jy jou hare per week was

Was jou hare so twee tot drie keer ’n week. As jy jou hare elke dag was, sal dit nie net die kleur negatief beïnvloed nie, maar dit sal ook jou hare se natuurlike olies stroop wat jou hare gesond, bevog en glansend hou.

Shot of an attractive young woman washing her hair

Vermy kokende water

Kokende water sal die buitenste laag van jou hare effens lig en veroorsaak dat jou kleur vervaag. Spoel jou hare met louwarm water af. Die kouer temperatuur laat jou haarwortels en kutikels toetrek wat sodoende die kleur help inseël.

Pasop vir te veel sonblootstelling

Verlengde ure in die son kan óók jou haarkleur se intensiteit belemmer en vaal laat lyk. Die UV-strale breek die bindings tussen die keratien-molekules in jou haarskag wat sodoende jou haarkleur laat oksideer. Probeer om sonblootstelling te beperk of dra ’n hoed as jy buite is. 

Het jy geweet?
Daar is wonderlike haarprodukte wat reeds sonskerm bevat op winkelrakke beskikbaar.

Probeer die produkte:

1. Moroccanoil Protect and Prevent Spray (R460) Beskikbaar aanlyn by www.retailbox.co.za

2. Clarins Sun Care Body Oil Mist UVA/UVB 30 for Body and Hair (R480) 

3. Balmain Sun Protection Spray (R610) Beskikbaar aanlyn by www.takealot.com