Hy glo dat elkeen ’n haarstyl moet hê wat by hul persoonlikheid en leefstyl pas. “Dis my raad aan vroue wat ’n makeover wil hê: Doen ’n makeover wat by jou persoonlikheid gaan pas,” verklap hy aan SARIE.com. “Maak ook seker dat jy dit in stand sal kan hou. Dis baie lekker om goed te lyk ná iemand jou hare gedoen het. Maar die toets daarna is of dit weer so gaan lyk as jy dit self aanpak. Onthou, jy dra die hare, die hare dra nie jóú nie.”

Talle vroue het ingeskryf vir hul mooimaak-dag saam met Junior.

Hier is die 10 vroue wat ’n kans staan om te wen:

1. Linette de Bruin, Carletonville (Gauteng)

2. Bernadette Visagie, Strand (Wes-Kaap)

3. Gwen du Plessis, Bloemfontein (Vrystaat)

4. Vida Swart, Rawsonville (Wes-Kaap)

5. Nicolene Kriel, Vanderbijlpark (Gauteng)

6. Anchen van Rensburg, Paarl (Wes-Kaap)

7. Unica Badenhorst, Kaapstad (Wes-Kaap)

8. Jacqueline Portwig, Pretoria (Gauteng)

9. Natasha Luiters, Johannesburg (Gauteng)

10. Lizel Wolmarans, Oudtshoorn (Wes-Kaap)

Die transformasie, ter waarde van R43 000, sluit die volgende in:

– Haarverlengings van Seamless1®?sa International (R15 594)

– Dyson Supersonic-haardroër (R6 999)

– Junior se volkleur-oormaaksessie  (R6 500)

– Verblyf vir twee nagte by die VinBoHo-gastehuis in Kaapstad (R3 700)

– Wella-haarsorgprodukte ter waarde van R1 500

– ’n Fotosessie met fotograaf SJ van Zyl ter waarde van R4 500

– Hannon-velsorgprodukte ter waarde van R2 500

– Inoar-haarsorgprodukte ter waarde van R1 280

– Botox ter waarde van R850

– Retoer-vliegtuigkaartjies (indien jy nie in die Kaapstad-omgewing woon nie)


Hou SARIE.com dop, Junior kondig Maandag, 12 April, die wenner aan.