Kleur jou hare … met Nutella!

akkreditasie
FOTO Unsplash / Dmitriy Frantsev
FOTO Unsplash / Dmitriy Frantsev

Meeste Suid-Afrikaners is in hierdie grendeltyd tuis. Haarafsprake is nou irrelevant, maar dalk is dié konkoksie waarmee jy jou hare kan kleur die antwoord? Boonop is dit so lekker, jy sal dit wil eet!

In ’n video wat Abed Allahitani, ’n haarstilis van Beiroet, verlede jaar op sy Instagram-profiel gedeel het, wys hy hoe hy ’n vrou se blonde lokke met ’n mengsel van die sjokoladeneutsmeer Nutella en kondensmelk in ’n ryk karamelkleur omtower.

Voor Nutella (links) en die resultaat (regs)Voor Nutella (links) en die resultaat (regs)

Abed skep die kleur deur lepels vol Nutella en kondensmelk deur die vrou se hare te vryf en dit dan vir ’n ruk met foelie te bedek. Nadat alles uitgespoel is, is haar haredos ’n paar skakerings donkerder as voorheen. Dis nie duidelik hoe lank die soet konkoksie op die hare moet bly voordat dit afgespoel word nie.

En hoe lank hou die kleur? Volgens die eienaar van die salon waar Abed werk, tussen twee en drie weke.

Sal jy dit probeer?

Kyk hier na die video:

Bronne: www.marieclaire.com, www.metro.co.uk

JONGSTE UITGAWE

SEPTEMBER/OKTOBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees