By Chanel se modevertoning by die Paryse Modeweek vandeesweek was dit nie net die uitrustings wat aandag getrek het nie, maar ook die modelle se hare. Hulle het almal lae poniesterte gedra, vasgevang in ’n lang deursigtige buis van plastiek. Die voorkoms was stylvol en modern.

’n Paar deursigtige mode-items was deel van die modevertoning en haarstilis Sam McKnight wou hê die modelle se hare moes dié mode-items komplementeer. Vandaar die deursigtige buis as haarbykomstigheid. 

Maar hoe op aarde het hy die modelle se poniesterte so perfek deur die buis getrek? Met ’n stofsuier! Kyk na die video om te sien hoe hy dit gedoen het. 


Dalk het Sam sy idee by dié pa gekry wat sy dogter se hare in ’n poniestert vasmaak met die hulp van ’n stofsuier.