Die koue wintermaande is nie ’n glansende, gehidreerde vel se maat nie: ’n Droë vel, gebarste lippe en ’n vaal gelaat is ons voorland tydens dié seisoen. 

Volgens ’n mediaverklaring van Claire Hill is dit geensins ’n onoorwonne stryd nie en kan ons met behulp van so paar truuks die bogenoemde velkwale maklik hok slaan. 

Onthou, dis belangrik dat ons ons velwand gevoed hou sodat dit vog kan help inseël wat ons vel gehidreerd, plomp en ferm sal laat. Volgens dr. Ian Webster, ’n spesialis-dermatoloog van Somerset-Wes en medestiger van die aanlyn velsorgwinkel Dermastore moet jy seker maak dat jou velsorgroetine van dié kragtige bestanddele bevat vir ’n gesonde velwand:

Hier volg ’n vraelys wat jou sal help om slim veranderinge vir jou velsorgroetine te maak:

Ek hoef nie al my velsorgprodukte vir die winter te verander nie?

Jou vel het deur die jaar dieselfde kragtige velsorgprodukte nodig, dink maar aan jou reiniger, serum, vogroom, oogroom en gesigmasker. Die geheim is om hier en daar slim veranderinge toe te pas soos wat jou vel dit nodig het. In die winter gaan jy dalk meer vogroom wil aanwend en bietjie minder ’n afskilferaar of gesigmasker met bestanddele soos salisielsuur, aselaïensuur en besoïelperoksied wat jou vel maklik uitdroog, wil gebruik. 

Wenk!
Wend ’n gesigolie aan nadat jy jou serum en vogroom aangewend het. Die droë lug is geneig om jou vel meteens styf en droog te laat voel. ’n Gesigolie help om jou vel lekker soepel, sag en glansend te hou.

Kan ek dieselfde reiniger in die winter gebruik?

As jy reeds ’n reiniger gebruik wat goed vir jou vel werk, behoort dit tydens die kouer maande ook voldoende vir jou vel te wees. Oorweeg om gesiglappies met miselwater te gebruik - dit sal goed vuilheid en grimering verwyder sonder om jou vel se natuurlike olies te stroop. 

En wat van my oogroom?

Die vel rondom ons oë is baie dun en bevat geen oliekliere nie. Daarom is die area rondom jou oë geneig om verskriklik droog te raak. Pasop, dis nie noodwendig slim om ’n ekstra dik oogroom nou te gebruik nie. Dit is dalk te ryk vir dié delikate area en kan maklik jou vel verstop en probleme soos milia en pofferigheid veroorsaak. Kies ’n lekker ligte jel met kragtige bestanddele wat maklik diep in jou vel kan penetreer.

FOTO Instagram / Vogue Beauty

Watter ander wenke is belangrik om nou toe te pas om erge droogheid te vermy?

  • Moenie verwarmers gebruik nie, dit droog die lug uit wat jou vel onnodig sal uitdroog. Behou vog in die lug deur ’n bevogtigertoestel (humidifier) aan te skaf. 
  • “Baie van ons leefstylgewoontes in die winter beskadig ons vel. Ons spandeer minder tyd buite (vitamien D), ons vermy oefening en eet meer dekadente kos. Dít dra alles by tot ’n wintervel. Prioritiseer jou somerroetine in die winter: kry oefening, drink baie water en voed jou vel,” benadruk die mediaverklaring. 

Probeer die produkte:

Claire Hill Micellar Water (R600) Beskibaar aanlyn by www.clairehill.co.za

Huxley Oil Essence (R720) Beskikbaar aanlyn by www.dermastore.co.za

pHformule Rescue Oil (R1 020)

Bioderma Atoderm Intensive Gel-Crème (R515)

Lamelle Serra Cleansing Gel (R220)