TikTok, trench coats en trolls. Hierdie Donderdag, 21 Mei, kuier Katryn Kruger, Leah en Fanie Cronjé op ons digitale rusbank vir die tweede aflewering van #SARIEGesels.

Teen slegs R100 kan jy kaartjies koop vir twéé toestelle – dus R50 vir jouself en R50 vir ’n vriendin. Die perfekte verskoning vir ’n girls’ night!

As jy net jouself en jou gesin wil bederf, is dit ook reg! Kaartjies vir een toestel kos R69.

Koop kaartjies en bespreek jou sitplek!

Wat gaan Katryn jou leer?

Katryn Kruger

Op 16 het sy ’n internasionale model geword. Prada, Louis Vuitton, Dior en Oscar de la Renta was net van die ontwerpers wat tougestaan het om saam met dié Afrikaanse meisie van Bellville te werk. Sy het die loopplank met supermodelle soos Gisele Bündchen en Candice Swanepoel gedeel. Maar toe maak sy ’n besluit ... kom luister na haar #JyIsGenoeg-storie. 

Leer ook by Katryn:

1. Haar truuks vir mooier selfoonfoto’s

2. Haar moet-hê-items vir die winter

3. Bou jou Instagram-beeld ... en só maak jy met kuberboelies 

Koop kaartjies en bespreek jou sitplek!

Alle SA vroue het dít, verklap Fanie

Fanie Cronjé

Fanie Cronjé is SARIE se eie voorblad-ghoeroe. Nie net stileer hy die land se bekendstes nie, maar die afgelope dekade ook SARIE Voorbladgesig se Top-10-finaliste. Fanie het ’n oog vir daai It-factor. Hy deel sy lesse uit die industrie.

Leer ook by Fanie:

1. Die slimste (en goedkoopste) stylwenke nóg!

2. Elke SA vrou het dít en só kan jy ook voorbladmooi wees

3.  Sy geheime vir Voorbladgesig en Nuwe Gesig – dít trek dadelik aandag!

Koop kaartjies en bespreek jou sitplek!

Omarm TikTok ... wag, wat is dit? Leah vertel meer

Leah

Leah is een van die land se gewildste Afrikaanse sangeresse, was al in verskeie flieks en boonop ’n gewilde aanbieder van kykNET se Boer soek ’n vrou. Sy het dit nie altyd maklik gehad nie, maar sy hét haar groot droom bewaarheid. Kom luister na haar #JyIsGenoeg-storie. 

Leer ook by Leah:

1. Só omarm jy ’n nuwe platform soos TikTok. Maar wag, is dit veilig?

2. Covid-19: Só bou jy jou naam in hierdie onsekere tye

3. Bestand teen kubertrolle – ja, sy is ook daardeur

Koop kaartjies en bespreek jou sitplek!