DOEN DIT SELF: Maak ’n krans vir Tuindag

akkreditasie
Aktrise Erica Wessels, een van Tuindag 2018 se Blomkrans-ambassadeurs.
Aktrise Erica Wessels, een van Tuindag 2018 se Blomkrans-ambassadeurs.
Pak jou tuinvurk weg en sit jou blomkrans op, want Sondag 21 Oktober is Tuindag. Sit dan terug en geniet jou handewerk saam met vriende en familie.

Jy het nog altyd geweet tuinmaak is terapeuties, iets wat inderdaad deur kenners en wetenskaplikes ondersteun word.

“Tuiniers en bloemiste is die gelukkigste van alle beroepe, en byna twee keer so gelukkig as mense in meer gesogte en beter betaalde werke,” skryf Paul Dolan, Britse ekonoom en gedragswetenskaplike, in sy boek Happiness by Design.

Volgens verskeie studies verlaag dit ook jou bloeddruk, dit het ’n kalmerende invloed op jou gemoedstoestand, werk spanning en angs teen, verminder die risiko op beroertes en hartaanvalle met tot 30% by mense ouer as 60 jaar, keer “aandag-uitputting” en skep ’n gevoel van doelgerigtheid, bevrediging en prestasie.

Nooi dus jou buurvrou, of ’n hartsvriendin van ver met die gratis poskaart hierby, maak blomkranse vir al jou gaste en dek die mooiste tafel in die middel van jou tuin, of selfs op jou woonstelstoep tussen jou potplante. Dis ’n wonderlike geleentheid om bymekaar te kom en jou handewerk te vier.

Vir nog Tuindag-inspirasie, gaan www.tuinddag.co.za waar Suzelle DIY en Blomboy jou wys hoe om jou eie blomkrans te maak.

Jy kan ook die maklike stappe volg:

1. Kies heel eerste watter blomme jy gaan gebruik. Net een of twee soorte is altyd meer doeltreffend.
2. Jy benodig ’n snoeiskêr, bloemistedraad en tou van minstens so 1 cm dik vir die basis.
3. Maak klein ruikers deur bossies blomme met die bloemistedraad vas te bind.
4. Bind die ruikers aan die tou vas met die stingels in dieselfde rigting.
5. Laat die punte van die tou oop vir ’n maklik verstelbare kransgrootte.

SARIE-lesers in Kaapstad en Johannesburg kan gratis op 13 en 20 Oktober leer hoe om hul eie blomkranse te skep vir Tuindag op 21 Oktober. Registreer hier – plek is beperk.

JONGSTE UITGAWE

SEPTEMBER/OKTOBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees