PROJEK METAALTUINSTOEL

’n Opgeroeste wit metaalstoel uit die 1980’s kry ’n moderne styl met verf en leer.

Moelikheidsgraad: 2/10

Tydsduur: 4 dae 

FOTO Willem Lourens

JY BENODIG:

* draadstoel

* leer (’n stuk groot genoeg sodat jy dit oor die rugleuning kan weef)

* metaalliniaal

* handwerkmessie

*maskeerband

* pen

* 24 x drukknope

Stappe

1. Meet die stoel se breedte.

2. Kyk op die regte kant van die leer vir lelike merke wat jy nie op die voltooide stoel wil hê nie. Dui die merke met maskeerband op die verkeerde kant van die leer aan.

3. Sny die stuk leer wat jy nie benodig nie as gevolg van die merke af – doen dit in ’n reguit lyn met die handwerkmessie en gebuik die metaalliniaal as gids. Meet 5 cm van die nuwe gesnyde rand en sny ’n band wat 5 cm breed is.

4. Ons het 6 bande vir ons stoel se ruglening gebruik.

5. Jy kan dit dalk self doen, maar ons het by ’n leerhandelaar aangeklop om die bande met drukknope aan die stoel te laat heg.

FOTO Marzanne Schoeman
FOTO’S Marzanne Schoeman