Jy benodig:

Vars eiers

Saailinge of klein vetplante

’n Bietjie potplantgrond

Foto Willem Lourens

Stap 1: Kap liggies met ’n skerp mes die bokant van die eierdop af en gooi die inhoud uit. Gebruik eiers vir ’n lekker Paasontbyt.

Foto Willem Lourens

Stap 2: Vul die eierdop halfpad met potgrond (jy kan ’n teelepel gebruik). Verwyder die oortollige grond van saailinge sodat dit in die eierdop pas.

Foto Willem Lourens

Stap 3: Plaas die klein plantjie in die eierdop en druk baie liggies vas. Stal dit uit in ’n eierboksie of in piepklein terracottapotjies (te koop by groot kwekerye).

WENK
Plantjies wat in eierdoppe geplant word, moet elke dag bietjie water kry, anders sal dit vinnig verlep en doodgaan