* Hierdie tendense verskyn in die nuwe SARIE Woon, nou te koop en ook beskikbaar in Engels as SARIE Decor.

Geel & Grys

Strooikussings (vanaf R299 tot R379), Woolworths FOTO Woolworths

Vanjaar is geel en grys saam deur die internasionale kleuranalis Pantone as kleure van die jaar aangewys. Dié keuse is ’n goeie kombinasie, met ’n positiewe boodskap van krag en optimisme. Waar geel energie uitstraal en jou gemoed lig, hou grys dit geanker

Bietjie blou

FOTO Marijke Willems

Dis ’n staatmakerkleur wat soos die blou van lug, water en verre berge altyd teenwoordig sal wees. Dit bring rustigheid, stabiliteit en geluk en bly een van die gewildste kleure deur die eeue. Ons SARIEmooi-reeks van vier unieke teekoppies en -pierings met kleinbordjies daarby vier dié kleur. Elke stel is versier met die oorspronklike balpuntpensketse van plaaslike kunstenaar Linette Coetzee, met die wit en diepblou wat speels aan die Delftontwerpstyl herinner.

Braaf bruin

FOTO Dulux

Met die fokus op kalmte en ’n gevoel van koestering, het Dulux dié jaar ’n warm, aardse kleur, Brave Ground, gekies om ons weer in aanraking met die natuur te bring. Hetsy in kombinasie met aardse skakerings, of helder kleure soos geel, dié kleur laat ander kleure lewe en is die perfekte basis vir jou dekor. Duluxkleure in dié slaapkamer is: Monarch Gold en Scottish Green vir die geel strook, Brave Ground vir die mure.