Die afgelope 18 jaar reeds gee Dulux die pas aan met kleurneigings danksy hul ColourFuturesTM-kleurpalette. Vir 2021 se kleur van die jaar het Dulux se kleurkenners inspirasie uit die natuur geput. Brave GroundTM is ’n koesterende kleur wat jou sal help om weer in voeling te kom met eenvoud en die natuur. Vang dié gemoedstoestand vas met aarde skakerings, net betyds vir die feestyd.

Daar is vier kleurpalette wat Brave Ground™ komplementeer. Die uitdrukkingsvolle palet bevat skakerings van rooi en pienk, terwyl die tydlose palet uit kontemporêre en tradisionele kleure bestaan wat met geel gekontrasteer word. Die aardse palet bevat bloue en groene, terwyl die vertroue-palet ’n versameling aardse skakerings bevat.

ColourFuturesTM se kleurpalette is aanpasbaar sodat dit by enige styl in jou huis kan pas.

SKEP DIE VOORKOMS

Die eetkamer is hierdie feestyd die ster van die huis en ’n plek waar vriende en familie saam oor maaltye kan kuier. Skep ’n warm, uitnodigende ruimte met subtiele kontras tussen sagte, neutrale kleure en ’n verskeidenheid natuurlike materiale.

VOOR

NA

Brave GroundTMis goed gebalanseerd, en as ’n neutrale kleur werk dit goed saam met ander kleure. Vir hierdie voorkoms het ons dit gebruik om verskillende strepe te verf. Dit skep ’n visuele fokuspunt en beklemtoon die vensters. Saam met die natuurlike lig wat die ruimte binnestroom, beklemtoon dit die kamer se natuurlike skoonheid.

Hierdie voorkoms moderniseer ook die eetarea en verbind dit soomloos aan die gang. Wat die kamer se dekor betref, meng modieuse en klassieke stukke om ’n stelling te maak. Hout is die perfekte keuse vir materiaal: Dit is volhoubaar, voeg warmte en natuurlike trefkrag toe en bied die veelsydigheid om by enige styl te pas. Groen komplementeer die houtkleur en dra by tot die stemming vir ’n koesterende en gebalanseerde ruimte.

Vir meer inspirasie, besoek Dulux.