1. Groen, groener, groenste
Plante gee dadelik vir ’n kamer karakter. Blaas lewe in jou huis met ’n paar groot potplante. Boonop hoef hulle nie noodwendig ’n arm en ’n been te kos nie! Hier is SARIE se dekor-span se top-aanbevelings vir huisplante.
2. Ligte wat betower
Beligting kan ’n ruimte maak of breek. Ligte wat hang is een van die maklikste manier om ’n indruk met beligting te maak. Kies beligting met ’n interessante ontwerp wat dadelik die oog vang.
3. Oop ruimte
’n Oopplan-uitleg kan jou huis groter laat lyk en boonop ’n wonderlike vloei skep in jou leefruimte.
4. Verwelkom met 'n stoel
Indien jou ruimte dit toelaat, is ’n stoel naby die ingang van jou huis ’n maklike manier om ’n indruk te maak. Gebruik interessante kleure en materiaal vir ’n onvergeetlike verwelkoming.
5. Sit 'n vonkel in die oog
Voeg items met ’n glinster by ’n kamer. Brons-aksente, details van kristals en versierings wat blink maak dadelik ’n ruimte meer glansryk.
6. Laat jou muur 'n baadjie aantrek
Muurpapier is ’n lekker manier om met binnehuisversiering te eksperimenteer. Kies ’n fokus-muur en gebruik interessante ontwerpe of ’n helder kleur om dit in ’n kunswerk te omskep.
7. Bring die kuns
Kunswerke vang dadelik die oog en dit hoef nie noodwendig duur te wees nie. Jy kan tweedehandse en bekostigbare kunswerke in vintage winkels of flooimarkte vind.
8. Wit houtwerk
Wit houtwerk skep ’n treffende kontras met gekleurde mure, kunswerke en afrondings, en gee ook enige kamer ’n vars atmosfeer.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET