Die artikel verskyn in SARIE WOON 2020/2021-uitgawe, nou te koop én ook beskikbaar in Engels!

Op ’n helder sonskyndag ry Susie Bailey-Potgieter die bekoorlike Stanford binne, en wat net ’n daguitstappie na die Overstrand-gebied sou wees, ontwikkel gou in ’n liefdesverhouding. Die klein dorpie het sewentien jaar gelede haar hart en siel aangeraak, en toe sy op ’n te-koop-kothuis afkom, was dit nie ’n moeilike besluit nie. Die transaksie is beklink en gou het hulle begin bou en breek aan die spesiale naweekhuis.

110 | SARIE WOON 2020/2021 SARIE.com Stanford Op ’n helder sonskyndag ry Susie Bailey-Potgieter die bekoorlike Stanford binne, en wat net ’n daguitstappie na die Overstrand-gebied sou wees, ontwikkel gou in ’n liefdesverhouding. Die klein dorpie het sewentien jaar gelede haar hart en siel aangeraak, en toe sy op ’n te-koop-kothuis afkom, was dit nie ’n moeilike besluit nie. Die transaksie is beklink en gou het hulle begin bou en breek aan die spesiale naweekhuis. Susie, wat skone kunste gestudeer het en ’n kunstenaar is, kon nie wag om die tuin en interieur te takel nie. Die struktuur was in ’n goeie toestand en ’n paar binnemure is platgeslaan om ’n lieflike groot oopplanleefarea en kombuis te skep. Sy en familie en vriende het feitlik elke naweek afgesit Stanford toe. Saterdae het hulle afgedrentel dorp toe, die antiekwinkels platgeloop en deurgesnuffel en die een ná die ander koesterding gekoop waarmee sy die huis gevul het. Dit moes ’n huis wees waar jy omring is deur mooi goed, maar ook ’n plek waarin jy onbevange kan leef en kuier. Hier kan kinders nog fietsry in die straat, krieket speel op die dorpsplein en groot roomyshorings koop by Don Gelato in die hoofstraat. Sondae word lui en loom op die stoep

Susie, wat skone kunste gestudeer het en ’n kunstenaar is, kon nie wag om die tuin en interieur te takel nie. Die struktuur was in ’n goeie toestand en ’n paar binnemure is platgeslaan om ’n lieflike groot oopplanleefarea en kombuis te skep.

HEELDAG-KUIERSTOEP: Die stoep is waar daar in die somermaande gelewe word. Stanford is bekend vir sy ryk voëllewe en die tuin is ’n lushof vir voëls, terwyl die swembad jou laat dink aan ’n plaasdam. Om by die welige tuin te pas het Susie oorwegend blomme gekies vir die stoffering en kussings. Die koekblik en koffiebekers staan reg vir die oggendtee. FOTO Greg Cox
LUS VIR KOOK: Of jy nou hou van kook of nie, in hierdie interessante ruim kombuis wil jy graag tyd deurbring. ’n Binnemuur is hier uitgeslaan om ’n groot oopplanruimte te skep wat die kombuis en leefkamer verbind. Die kombuisdeur lei na die tuin. FOTO Greg Cox

Sy en familie en vriende het feitlik elke naweek afgesit Stanford toe. Saterdae het hulle afgedrentel dorp toe, die antiekwinkels platgeloop en deurgesnuffel en die een ná die ander koesterding gekoop waarmee sy die huis gevul het. Dit moes ’n huis wees waar jy omring is deur mooi goed, maar ook ’n plek waarin jy onbevange kan leef en kuier. Hier kan kinders nog fietsry in die straat, krieket speel op die dorpsplein en groot roomyshorings koop by Don Gelato in die hoofstraat. Sondae word lui en loom op die stoep deurgebring met die wete dat hulle volgende naweek weer hul siele hier kan kom voed.

'N SAGTE PALET Vir die drie slaapkamers het Susie sagte kleure gekies om die ontspanne atmosfeer van die huis en dekor te herhaal. Die ligpienk kas is ’n uitstalplek vir bokhorings en mandjies en lei jou in die kamer in. Die suurlemoengeel deken laat die geblomde lap van die kussings en nagval met mekaar praat. FOTO Greg Cox
'N KLEIN TABLO: Die laaikas is ’n fokuspunt in die sitkamer, met die ou skilderye en bokkoppe wat ’n mooi kontras vorm met die wit linnestoele. Die rose en kristalware daarnaas skep ’n luukse gevoel. FOTO Greg Cox
DIE KUNS VAN KLEUR EN GEUR: Selfs in die kombuis kan jy Susie se fyn kunsaanvoeling sien in die manier waarop sy teksture en kleure vermeng. Staangemaakte houtkapborde, ’n olieverfskildery, vars kruie en blomme laat jou stilstaan om die eenvoudige skoonheid te geniet. FOTO Greg Cox
AS DIE SON BAK: Op Stanford kan die son lekker warm bak. Pleks van ’n moderne swembad het hulle op hierdie damvorm besluit omdat dit so goed by die huis en omgewing pas. Selfs al swem jy nie, kan jy op die damwal sit en gesels met jou voete in die water. FOTO Greg Cox
MET BLOMME BESAAI: Die kwiltdeken en kussing herhaal die tema en kleure van die skilderye, en natuurlik is daar vars blomme voor die bed. FOTO Greg Cox
HELDER EN LIG: Koraalrooi aksente helder die kamer se pastel beddegoed op. ’n Breë groengeel streep is horisontaal agter die bed geverf, en die ou hangkas dra by tot die outentieke gevoel van die kamer. FOTO Greg Cox

AS JY HIER WIL OORBLY

BLOOMSBURY (slaapplek vir 6)

Besprekings en navrae: Perfect Hideaways, 021 790 0972 (kantoor), 079 789 5459 (ná ure), stay@perfecthideaways.co.za

Koop SARIE WOON 2020/2021 hier.

Buy SARIE DECOR 2020/2021 here.