Soek jy verandering? Gaan terug na die natuur met Dulux!

akkreditasie
Dalk smag jy ná hierdie jaar om ook weer in voeling met die natuur te kom. Laat Dulux ColourFuturesTM se kleur van die jaar, Brave GroundTM jou help. Ons wys jou hóé.

Dis reeds die 18de jaar dat Dulux se ColourFuturesTM die pas aangee met kleurtrends. Vanjaar se kleur van die jaar is Brave GroundTM, ’n koesterende kleur wat jou weer in voeling sal bring met die natuur en eenvoud. Vang die stemming van die kleur vas vir die feestyd met aardse tinte.

Daar is vier kleurpalette wat Brave Ground™ komplementeer. Die uitdrukkingsvolle palet bevat skaerings van rooi en pienk, terwyl die tydlose palet uit kontemporêre en tradisionele kleure bestaan wat met geel gekontrasteer word. Die aardse palet bevat bloue en groene, terwyl die vertroue-palet ’n versameling aardse skakerings bevat.

ColourFuturesTM se kleurpalette is aanpasbaar sodat dit by enige styl in jou huis kan pas.

Hoe om die voorkoms te skep

Die leefkamer is die hartklop van die gesin. Dis hier waar jy tyd met vriende en familie deurbring en waar jy kan ontspan en jou batterye herlaai. Die subtiele kontras tussen sagte, neutrale kleure in ’n verskeidenheid van materiale sowel as natuurlike lig gee die vertrek karakter en die gevoel van ruimheid.

Brave GroundTM is goed gebalanseer en neutraal. Dis veelsydig en werk goed saam met verskeie skakerings. Om die voorkoms te skep, anker die Brave GroundTM die groen skakerings met ondertone van Silver Quill en White Bucks. Dit skep harmonie tussen die twee kleure.

Rond die vertrek af met klassieke dekor-elemente en ’n paar trendy stukke wat jou unieke styl wys. Die metaalagtige afwerking (in bykomstighede of byvoorbeeld in die ligmonterings) voeg ’n tikkie modernheid by die ruimte. Noudat ons meer tyd binnenshuis deurbring, is natuurlike lig belangriker as ooit. Dit werk goed by ’n veelsydige hoek waar dekorstukke vertoon kan word of waar jy kan ontspan met ’n boek.

Kyk net die verskil!

Voor

Vertrek vóór Dulux se ColourFuturesTM ingespan is. FOTO Verskaf deur Dulux

Die vertrek ná Dulux se ColourFuturesTM ingespan is. FOTO Verskaf deur Dulux

Daar is deesdae ’n groter bewustheid wêreldwyd van volhoubare leefpraktyke en die omgewing. Dít vind al hoe meer neerslag in dekortrends. Laat dít jou inspirasie wees om ook die natuur in jou huis binne te nooi.

JONGSTE UITGAWE

November/Desember-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees