Germandt vertel hy tree al op, in een of ander kapasiteit, vandat hy kan onthou en het op skool al in toneelstukke en musiekblyspele uitgeblink.
In 2006 het hy deelgeneem aan die Wêreld Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste waar hy die gesogte Grand Champion-toekenning vir sang, verower het.
Deesdae is hy egter meer bekend vir sy rol as Louis Koster, die kroegbestuurder en IT-foendi, in Binnelanders op kykNET.