Die talentvolle aktrise en een van SARIE se mees geliefde voorbladsterre, Rolanda Marais, het groot nuus om te deel.
Rolanda is 20 weke swanger en deel die wonderlike nuus met SARIE.com. Dis haar en haar man, die regisseur Jozua Malherbe se tweede kind.
“Ek was stomgeslaan toe ek oor my swangerskap uitvind. Ek is 44 en ek het nie gedink glipse gebeur nog op my ouderdom nie,” sê Rolanda.