
Neem twee bekendes en meng goed saam. Klits liefde, glans en ’n eksotiese bestemming en voeg by. Sit voor met ’n ontwerpers-trourok. Garneer met ’n Instagram-post waarmee jy jou aanhangers verras met ’n nuwe huweliksstatus. Rond af met ’n glansartikel in Vogue.
En daar het jy die wenresep vir ’n Hollywood-troue!
Hier loer ons na vanjaar se Hollywood-troues en -trourokke wat veroorsaak dat aanhangers rooi raak van troukoors en mode-liefhebbers groen raak van jaloesie.
Serena Williams & Alexis Ohanian
Wie? Tenniskampioen & Reddit-sigter
Wanneer en waar? November in New Orleans
Die rokke: ’n Alexander Mcqueen-balrok vir die seremonie en Versace-rokke vir die onthaal
Kate Upton & Justin Velander
Wie? Swemklere-model & professionele bofbalspeler
Wanneer en waar? November in Italië
Die rok: ’n Valentino-skepping
Alicia Vikander & Michael Fassbender
Wie? Aktrise van The Danish Girl & akteur van 12 Years a Slave
Wanneer en waar? Oktober in Ibiza, Spanje
Die rok: ’n Wit Zimmerman-rok en hartvormige sonbrille
Julianne Hough & Brooks Laich
Wie? Dancing with the stars-beoordelaar & professionele yshokkiespeler
Wanneer en waar? Julie in Idaho
Die rokke: Twee pragtige Marchesa-trourokke
Miranda Kerr & Evan Spiegel
Wie? Australiaanse supermodel & die stigter van Snapchat
Wanneer en waar? Mei in Kalifornië
Die rok: Dior-balrok
Emmy Rossum & Sam
Wie? Shameless-aktrise en televisievervaardiger
Wanneer en waar? Mei in New York
Die rok: Twee trourokke van Christina Herrera
Watter een is jou gunsteling?