7de Laan se Bart en Tessa hou uiteindelik reünie!

akkreditasie
Vicky Davis en Neil Sandilands kuier vanaand saam in die jongste episode van die leefstylprogram Pasella. FOTO Instagram / Vicky Davis
Vicky Davis en Neil Sandilands kuier vanaand saam in die jongste episode van die leefstylprogram Pasella. FOTO Instagram / Vicky Davis
Vanaand om 19:30, op SABC2, in die jongste episode van die Afrikaanse leefstylprogram Pasella kuier aanbieder Vicky Davis en die akteur Neil Sandilands weer uiteindelik saam.

Kykers wat van toeka se tyd al die sepie 7de Laan gekyk het, sal onthou dat hulle deel van ’n tragiese liefdesverhaal was: Die Bart-en-Tessa-storielyn. Die kelnerin Tessa, vertolk deur Vicky, het verlief geraak op die deli-eienaar Bart Kruger (Neil), net om uit te vind hy het breinkanker. Op sy sterfbed sou hulle Meneer en Mevrou Kruger word. 

FOTO 7de Laan

Nou, 14 jaar later, kuier die twee vir ’n dag saam op die program Pasella. Die rolle? Onderskeidelik as aanbieder en akteur in Hollywood.

In SARIE se Mei/Junie 2021-uitgawe hou ons reünie met ses manne vanuit die oorspronklike Laan: Tiaan, George, Zac, Steyn en die lomperd Bart. Hulle pronk voor ons modekamera en gesels oor hoe hulle lewe uitgespeel het, sedert hulle die befaamde sepie gegroet het. 

Hier is een van Neil se mode-oomblikke in die nuwe SARIE. 

FOTO Glen Montgomery van Supernova

Het jy geweet? Die ses het ook saam met die Pasella-aanbieder en aktrise Amalia Uys op ’n seiljag gegaan. Kyk die episode hier:

- Pasella wys elke Woensdag om 19:30 op SABC2 (DStv-kanaal 192).

JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees