Clare het onlangs ’n heerlike babatee gehou saam met haar naaste vriende en familie. “Dit gaan baie goed, maar ’n mens raak maar erg ongeduldig teen die einde,” erken sy laggend. “Ek wil net so graag my babatjie se gesiggie sien en hom vashou en vir hom sê hoe bly hy my hart maak!”
Sy vertel Marco moet haar heeltyd herinner dat dit sy baba ook is. “Ek was en is geseënd met ’n baie gesonde swangerskap tot dusver en ek glo dit sal so aanhou, alhoewel die pad tot by hierdie punt nie maklik was nie.”
Die gewone simptome van swangerskap het haar egter nie vrygespring nie. “Ek was elke dag baie naar vir die eerste 14 weke, die tweede trimester het ek erge migraine-tipe hoofpyne gehad en die derde trimester is beslis die ongemaklikste wat ’n mens se rug en blaas aanbetref!”