Die afgelope paar maande het ons elke Woensdag uitgesien na DIY-wenke van sterk, inspirerende vroue. Ons het uitstekende raad van Mila Guy, Leandie du Randt, Riana Nel, Je-Ani Swiegelaar, Rozanne McKenzie, Nadia Beukes, Cindy Swanepoel, Mimi Mahlasela en Suna Robberts ontvang. En nou deel ons die laaste wenk van hierdie opwindende Stroomop-reeks.
Van wie is die wenk? Die talentvolle aktrise Simoné Nortmann, wat ook in die avontuur-fliek Stroomop speel.
In die laaste episode deel sy twee skoonheidswenke met Donnalee Roberts. Een van die wenke is om hamamelis (witch hazel) op haar gesig te sproei.
Sy het vroeër aan SARIE vertel: "Ek koop graag die hamamelis-en-rooswatermengsel by Dis-Chem en gooi dit dan tuis in ’n sproeibotteltjie. Ek spuit dit aan my gesig nadat ek my vel gereinig het en gebruik dit gereeld deur die dag om my vel te verfris. Dit help vir ’n veluitslag en kalmeer my vel."
Sy is nie al bekende wat in die wondere van hamamelis glo nie, bekendes soos Eva Mendes en Drew Barrymore is ook aanhangers.
Kyk die laaste episode van Stroomop se DIY-reeks hier:
Soek jy nog slim wenke?
Cindy Swanepoel: Klapperolie is die antwoord
Suna Robberts: Dís hoekom jy ’n teelepel in jou grimeersakkie kort
Mimi Mahlasela: My slim lipstiffie-wenk
Nadia Beukes: Wat het papierstrooitjies en toiletpapier gemeen?
Leandie du Randt: Dís haar raad vir sukses
Mila Guy: 'n DIY-wenk vir sagte hande
Rozanne McKenzie: Maak só 'n inspirasie-beker
Riana Nel: Só kry jy ’n tan in ’n japtrap!
Je-Ani Swiegelaar: Wenk vir slim pak
Onthou Stroomop word 9 Augustus landwyd vrygestel. Waaroor handel Stroomop? Vier vroue, elk met hul eie probleme, durf die Oranjerivier aan. 'n Storie van oorlewing en hoop volg.
Kyk die lokprent hier: