Maar Sheldon Yoko, tromspeler van die gewilde rock-groepe soos Die Heuwels Fantasties en Francois van Coke se Die Gevaar, het verlede naweek sy romantiese kant gewys. Hy en sy musikant-meisie, Mikhaela Faye, het die knoop deurgehaak in ’n intieme seremonie in Kaapstad.
Mikhaela vertel die twee het ontmoet toe hulle beide deeltydse musiekonderwysers was by Herzlia-skool. “Dit was beslis nie liefde met die eerste oogopslag nie,” lag sy.