“Die dae voor die geboorte was amazing gewees!” vertel sy opgewonde. Die paartjie het ’n week voor die geboorte uitgevind die baba het gedraai en Greteli sal ’n keiser moet kry.
“Ek sou baie graag normaal wou kraam, maar ek was van die begin af oop om ook ’n keiser te kry sou iets verkeerd loop of as alles nie goed lyk nie.”
Toe hulle hoor die baba is verkeerd gedraai vir ’n natuurlike geboorte, was die keuse maklik.