Fynskrif-sterre speel sáám in nuwe reeks!

akkreditasie
Kim Cloete & Marguerite van Eeden gaan weer teenoor mekaar in ’n nuwe TV-reeks speel! FOTO'S Instagram / Kim Cloete en Greteli Fincham
Kim Cloete & Marguerite van Eeden gaan weer teenoor mekaar in ’n nuwe TV-reeks speel! FOTO'S Instagram / Kim Cloete en Greteli Fincham
Die aktrises Marguerite van Eeden en Kim Cloete gaan weer saam op die klein kassie verskyn.

Kykers was omtrent hartseer toe hulle oor die gewilde regsdrama Fynskrif gaan ná drie seisoene eindig. Gelukkig kan kykers steeds uitsien na goeie reekse!

En dit blyk of Afgrond een van hulle is! So verloop die storielyn - ná aanleiding van kykNET se amptelike persverklaring:

’n Sielkundige, regsekretaresse, kandidaat-prokureur, glansende sepiester en begrafnisondernemer staar almal een vraag in die gesig. Hoe naby moet ons aan die rand van ’n afgrond staan voor ons besluit om verantwoordelikheid vir ons eie besluite te neem?

Kim vertolk die rol van Lana Bridgett (Kim Cloete), ’n sepiester wat ná vyf jaar uit ’n koma ontwaak. En Marguerite vertolk die rol van Hannelie Fourie, ’n regssekretaresse, wat by haar werk seksueel mishandel is. 

Die ander drie vroue rolle word onderskeidelik deur Jana Kruger, wat ook eens in Fynskrif verskyn het, Gretchen Ramsden en Kanya Viljoen vertolk. 

Vyf vroue, uiteenlopende wêrelde, een geveg. Afgrond begin in die nuwe jaar!

FOTO Verskaf deur Penguin Films

- Hou SARIE.com dop vir nóg onderhoude rakende hierdie opwindende reeks.

 
JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees