GRATIS: Fynskrif-ster opsoek na liefde in realiteitsprogram

akkreditasie
Die akteur Neels van Jaarsveld gaan in ’n splinternuwe realiteitsreeks verskyn. Op my Eish, waar hy hoop om liefde te vind.

Staan opsy boere ... hierdie ou soek ’n vrou. Die Fynskrif-ster Neels van Jaarsveld is opsoek na sy pasmaat en van vandag af tot 25 Desember kan kan jy inskryf om dalk sy nooi te word. 

Ek geniet my werk as akteur, maar ek mis ’n spesiale persoon langs my sy – iemand wat die vreugdes en hartseer van die lewe met my kan deel; iemand met wie ek die normale dinge in die lewe kan geniet, wat my kan laat lag en saam met wie ek onthou-oomblikke kan beleef,” sê Neels in ’n amptelike verklaring van kykNET. 

“Ek is op ‘n plek in my lewe waar ek ernstig is oor liefde vind,” verklap hy verder. “Op my Eish is ‘n nuwe hoofstuk in my lewe, ‘n magiese avontuur, ‘n tuimeltrein met die moontlike hoop van liefde en ‘n boodskap wat bars van positiweit.”

Die pasmaatprogram sal in April 2021 afskop.

Paar van Neels se gunsteling-dinge:

Kleur: Blou

Kos: Beeshaas

Dier: Luiperd

Reisbestemming: Kruger Nasionale Park, Rome en Zanzibar

Musiekgroep: Fleetwood Mac en Fokofpolisiekar                                                           

Boek: Still Life with Woodpecker deur Tom Robbins

Stokperdjies:  intelligente gesprekke, poësie, gholf en branderplankry

Fliek: Birdman

Aanhaling: ‘Be yourself, everyone else is already taken’

Inskrywings is nou oop op kyknet.dstv.com.

JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees