
Jy het minder as 1 week om in te skryf! Op 13 Mei om 23:59 sluit inskrywings.
SARIE Nuwe Gesig is in 2020 begin om aan hoërskoolmeisies tussen 16 en 18 (grade 10-12) die kans te gee om hulle aan die SARIE-wêreld bekend te stel en ons te inspireer.
Vanjaar se Top-30 gaan op ’n unieke manier op SARIE.com aangekondig word. Elke dag sal een wegval totdat net die Top-5 oor is. Die wenner sal op die voorblad van ’n beperkte oplaag van SARIE se November/Desember-uitgawe verskyn.
SKRYF IN en deel jou inskrywing op Instagram, TikTok en Facebook met #SARIEnuwegesig.
Wat maak van iemand ’n SARIE Voorbladgesig?
Volgens Michélle is daar nie een spesifieke voorkoms nie, maar dis beslis ’n gesig, ’n uitdrukking, ’n glimlag wat jou weer en wéér laat kyk. “Dinge soos ’n mooi glimlag en mooi hare help, maar dis veel meer as dit – ons soek iemand met ’n positiewe, lewenslustige en inspirerende uitkyk op die lewe. Daardie eienskappe wat nou meer as ooit waardevol is, wat jou werklik mooi maak en ’n wen-voorblad verseker. Iemand wat vir SARIE ’n ambassadeur kan wees.”