Ons tel die dae af ... Op Vrouedag, 9 Augustus, word Stroomop uitgereik - 'n fliek oor vyf vroue wat die een ná die ander ontbering op die Oranjerivier deurmaak.
Tot dan kan ons elke Woensdag uitsien na Stroomop se DIY-reeks. Die lieflike Donnalee Roberts, wat die rol van dr. Lana Marais in Stroomop vertolk, gesels elke week met 'n inspirerende vrou wat haar pad kruis. En hierdie week is dit die aktrise en Fliek Chick Nadia Beukes.
Vandag deel sy 'n oulike wenk vir elke vrou se vakansietas ... en dit sluit papierstrooitjies in!
Kyk net hier en hoor Nadia se eie Stroomop-oomblik:
Fliek Chick is elke Donderdag op SARIE.com. Nadia en haar clapperboards vertel meer oor die nuutste flieks.