Eers het ses vroue van Pretoria die land aan die gons gehad in Die real housewives van Pretoria. Nou is dit die Kaap wat aan die beurt kom met Die real housewives van die Wynlande.
Vanaf 20 April om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) maak Amy Kleinhans-Curd, Mariska Thorpe, Karen Schwendtke, Candice Bester, Michelle van Zyl en Anita Lloyd hul droomhuise se deure, hulle harte en hulle lewens vir kykers oop.
Hierdie ses unieke, interessante en dinamiese huisvroue gaan kykers se monde laat oophang terwyl hulle aantrek vir sukses, stylvol rondrits, skoonheidsroetines gedissiplineerd navolg en dít alles met hul veeleisende persoonlike lewens balanseer.