SARIE se Inspirasie-etes is al landwyd bekend. Só suksesvol was die eerstes om SARIE se 70ste verjaardag te vier, dat ons dit weer, en weer moes doen. Ook SARIE se Kersetes is nou ’n instelling op die Kaapse kalender.
Nou is dit jóú beurt om in Bloemfontein geïnspireer te word. Bring jou familie, nooi jou vriende en maak jou reg vir ’n vyfster-ervaring met ’n vyfgang-spyskaart soos net Herman dit kan voorsit.
Tye het dalk verander, maar niks klop die bederf van goeie kos en samesyn om die tafel nie. Al wat jy moet doen, is om jou kaartjie te koop en jou stoel onder die tafel in te skuif. SARIE en Herman doen die res.
Boonop is die onthaalplek Warm Karoo gemaak vir saamkuier, Sparta Beef verskaf net die beste snit vir die hoofgereg, en met Cap Classique van die Robertson Wynmakery in jou glas, kan dit net ’n aand wees om te onthou!
Tafels
Om aan Covid-regulasies te voldoen sal daar nie een lang tafel wees nie. Jou bespreking bepaal die grootte van jou tafel. Ons vra dus dat jy vir al jou gaste op een slag betaal, sodat ons weet hoeveel mense aan jou tafel sit.
Die tafel sal onder jou naam bespreek word.
Ingesluit
Die prys sluit drankies, ’n vyfgang-feesmaal en al Herman se resepte vir dié heerlike ete in. Jy gaan ook huis toe met ’n geskenkpak vol bederwe van die borge en SARIE.
Datums
Vrydag 19 Augustus 19:00
Saterdag 20 Augustus 18:00
Sondag 21 Augustus 13:00
Plek
Warm Karoo, Du Preez-laan 16, Spitskop, Bloemfontein
Kaartjies
R590 per persoon, alles ingesluit. Beskikbaar by Quicket.co.za.
- Vir navrae, kontak Edmund.Beukes@media24.com