Ná ons lekker kuier verlede jaar, maak SARIE weer ’n draai in die Rosestad. Kom ontmoet SARIE-redakteur, Michélle van Breda, en SARIE-kosredakteur, Herman Lensing, wat spesiaal vir jou ’n vyfgang-maaltyd gaan kook, voorgesit saam met wyne van Robertson Wynmakery deur Herman uitgekies.
Bring jou familie, nooi jou vriende en maak jou reg vir ’n vyfster-ervaring, want niks klop die bederf van goeie kos en samesyn om die tafel nie. Al wat jy moet doen, is om jou kaartjie te koop en jou stoel onder die tafel in te skuif. SARIE en Herman doen die res.
Boonop is die onthaalplek Warm Karoo gemaak vir saamkuier, en met wyne van die Robertson Wynmakery in jou glas, kan dit net ’n aand wees om te onthou!
Tafels
Jou bespreking bepaal die grootte van jou tafel. Ons vra dus dat jy vir al jou gaste op een slag betaal sodat ons weet hoeveel mense aan jou tafel sit. Die tafel sal onder jou naam bespreek word.
Ingesluit
Die prys sluit drankies, ’n vyfgang-feesmaal en al Herman se resepte vir dié heerlike ete in. Jy gaan ook huis toe met ’n geskenkpak vol bederwe van die borge en SARIE.
Datums
Woensdag 7 Junie, 19:00
Donderdag 8 Junie, 19:00
Vrydag 9 Junie, 18:00
Saterdag 10 Junie, 18:00
Plek
Warm Karoo, Du Preez-laan 16, Spitskop, Bloemfontein
Kaartjies
R650 per persoon, alles ingesluit.
Alle dieetvoorkeure moet teen 26 Mei 2023 gekommunikeer word.
- Vir navrae, kontak Dale@charcoalconsultants.co.za