7de Laan was ’n groot geloofsprong. Só het vervaardiger Danie Odendaal destyds die sepie met hul 10de verjaardag in 2010 in ’n SARIE-onderhoud beskryf.
En nou vier 7de Laan hul 20ste jaar. Oor twee dekades het akteurs en aktrises gekom en gegaan, maar vir baie Suid-Afrikaners is die sepie en sy mense steeds soos familie. ’n Sepie wat daagliks deur meer as 3 miljoen kykers gevolg word.
Vir SARIE het die Laan meer stories, meer voorblaaie en meer sterre opgelewer as enige ander, en met baie van hulle – waar hulle ook al is – stap ons steeds ’n pad.