Die wag is nou uiteindelik verby! Ons pragtige November/Desember-uitgawe is van 4 November af op die rakke en dit is Brittany Hope Smith, ’n operasangeres, wat op die voorblad pryk.
Daarmee saam is ons Nuwe Gesig-wenner, Lindy Maree (17), op die handsakgrootte oplaag van dié uitgawe.
Die wenner van die SARIE Voorbladgesig-wedstryd en altwee voorblaaie is Donderdagaand 3 November by ’n swierige geleentheid op Nasdak by die Media24-gebou in Kaapstad onthul.