SARIE Nuwe Gesig-wenner Nicole straal by haar matriekafskeid: ‘Die rok pas by my persoonlikheid’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Nicole Nathan, wat op verlede jaar se November/Desember-uitgawe van SARIE geskitter het, vertel haar matriekafskeid was ’n spesiale ondervinding. “Jy sal dit net een keer in jou leeftyd ervaar. Die hele dag was ’n groot hoogtepunt!”
Haar boodskap aan ander meisies wat wil deelneem a
Haar boodskap aan ander meisies wat wil deelneem aan kompetisies soos SARIE Nuwe Gesig, is jy hoef nie perfek te wees nie. Foto: Iva De Vos

Haar skool, Woodhill College, se spesiale aand by die Sheraton Pretoria hotel, was vir Nicole ’n sameloop van baie dinge.

“Dit was vir my spesiaal om elke oomblik van die dag saam met my vriendinne te kon ervaar. Al die beplanning voor die tyd – die hare en grimering, die foto’s, die kar-rit na die funksie toe en die pers partytjiebus – dit was ’n besige dag vol spesiale oomblikke en goeie herinneringe.” 

Sy het die aand saam met haar kêrel, Joshua Viljoen, gegaan. 

Nicole sien uit na die toekoms en die volgende hoo
Nicole sien uit na die toekoms en die volgende hoofstuk van haar lewe. Foto: Iva De Vos
SARIE Nuwe gesig van 2021, Nicole Nathan, vier haa
SARIE Nuwe gesig van 2021, Nicole Nathan, vier haar matriekafskeid. Foto: Iva De Vos

Hoewel Nicole haar eie ontwerp en materiaal gekies het, was sy aanvanklik onseker. Sy wou graag ’n eenvoudige en gemaklike rok hê. “Ek hou van materiaal met ’n tekstuur en sagte kleure.” 

“Rika Cronje van RiccaDee het my droomrok ’n realiteit gemaak,” glimlag sy. “Toe ek die materiaal sien het ek dadelik van die kleur gehou en geweet dat ek ’n korset-tipe rok wil hê. Ek dink my rok pas by my persoonlikheid én voorkoms.” 

Hoewel Nicole haar eie ontwerp en materiaal gekies
Hoewel Nicole haar eie ontwerp en materiaal gekies het, was sy aanvanklik onseker. Foto: Iva De Vos
Nicole vertel verder die Nuwe Gesig kompetisie het
Nicole vertel verder die Nuwe Gesig kompetisie het haar lewe verander. Foto: Iva De Vos

Nicole vertel verder die Nuwe Gesig-kompetisie het haar lewe verander. “Ek weet nou dat ek enigiets kan probeer en as ek regtig my hart daarop sit, keer niks my om my drome na te jaag nie.” 

Vir haar was dit die grootste eer om SARIE te kon verteenwoordig. “Ek het ook as mens soveel geleer en gegroei in die jaar.” 

Sy wou graag ’n eenvoudige en gemaklike rok hê.
Sy wou graag ’n eenvoudige en gemaklike rok hê. Foto: Iva De Vos
Sy weet ’n mens kan nooit verwag om groot dinge te
Sy weet ’n mens kan nooit verwag om groot dinge te bereik sonder harde werk nie. Foto: Iva De Vos
Ricca Cronje het haar droomrok ’n realiteit gemaak
Ricca Cronje het haar droomrok ’n realiteit gemaak. Foto: Iva De Vos

Haar boodskap aan ander meisies wat wil deelneem aan kompetisies soos SARIE Nuwe Gesig, is, jy hoef nie perfek te wees nie. “Elkeen is uniek. Moenie jouself meet aan ander nie, want dit steel jou selfvertroue. Wees net die beste weergawe van jouself, en vat al die kanse wat jy kry.” 

Nicole sien uit na die toekoms en die volgende hoofstuk van haar lewe. “Ek is opgewonde oor die nuwe uitdagings en ervarings! Ek is van plan om my studentejare te geniet en elke geleentheid wat ek kry met albei hande aan te gryp. Ek streef daarna om gelukkig en tevrede te wees.” 

Sy weet ’n mens kan nooit verwag om groot dinge te bereik sonder harde werk nie. “Leef in die oomblik en fokus op die klein dingetjies, want uiteindelik is dit die belangrikste.”   

Só skryf jy in vir SARIE se Matriekafskeidrok van die Jaar 2022-kompetisie

Hier is wat jy moet doen:

  • Gaan na matriekrok.sarie.com en klik op ‘Teken in!’ (Let wel: Administrasiegeld van R100 per inskrywing is betaalbaar.)
  • Vul die inskrywingsvorm in.
  • Drie foto’s word toegelaat as ’n JPEG of PNG, elk in portretstyl.
  • Maak seker jy het die reëls gelees.
  • Deel jou inskrywing met jou vriende en familie op sosiale media en gebruik #SARIEmatriekafskeidrok van die Jaar. Moedig almal aan om vir jou te stem, 3 van die Top-10-finaliste word deur die publiek se stemme gekies.

Die wen-rok gaan in SARIE se Januarie/Februarie-uitgawe verskyn.

Waarvoor wag jy?

Skyf nou in!

Sluitingsdatum: 2 November 2022


JONGSTE UITGAWE

November/Desember-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees