SARIE se Nuwe Gesig 2021-wenner vertel hoekom sy ingeskryf het – só kan jy inskryf!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Het jy geweet SARIE se Nuwe Gesig-kompetisie is spesiaal vir hoërskoolmeisies tussen graad 10 en 12? Ons vertel jou meer van ons vorige wenner en hoe jy of ’n geliefde self hierdie jaar kan inskryf.
SARIE se tweede Nuwe Gesig van die kompetisie, Nic
SARIE se tweede Nuwe Gesig van die kompetisie, Nicole Nathan. Foto: Leana CR.

Nicole Nathan was ’n 16-jarige graad 11-leerder van Woodhill College in Pretoria toe sy in 2021 as SARIE se tweede Nuwe Gesig van die kompetisie aangewys is nadat Jonadrie van Aardt van Kaapstad in 2020 die eerste SARIE Nuwe Gesig-wedstryd wenner was.

Hoekom het Nicole destyds ingeskryf?

“My hart loop oor van geluk en ek is baie geëerd. As ek ’n inspirasie vir een ander meisie kan wees, sal dit vir my die wêreld beteken,” sê sy.

Maar daar was ook ’n ander rede hoekom sy ingeskryf het: “Dit was vir my eie selfbeeld – mens is soms te krities op jouself.”

Haar mantra is dat elke dag voluit gelewe moet word en haar lewensdroom is om elke geleentheid wat sy gebied word, aan te gryp. “En die heel belangrikste – om gelukkig te wees en ’n positiewe uitkyk op die lewe te hê.

Haar inspirasie?

Rolene Strauss, omdat sy in haarself glo en nie opgee nie. Sy het weer vir die Mej. Suid-Afrika-kompetisie ingeskryf en gewen nadat sy die eerste keer onsuksesvol was. Daarna het sy ook die Mej. Wêreld-kompetisie gewen. Sy is gedrewe en hardwerkend.

Sy is nie net ’n goeie vrou en ma nie, maar het ook ’n mediese kwalifikasie agter haar naam.

Nou is dit jóú beurt!
Moenie die geleentheid mis om nou vir vanjaar se SARIE Nuwe Gesig-kompetisie in te skryf nie. Klik hier om in te skryf!

JONGSTE UITGAWE

Julie/Augustus-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees