book-icon Uitgawe Mei/Junie 2023
Deel

SARIE Voorbladgesig en SARIE Nuwe Gesig: Wat gebeur nou volgende?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die tyd raak min, maar jy het nog tot 12 Mei om 23:59 kans om by vir SARIE Voorbladgesig en SARIE Nuwe Gesig in te skryf.

Bloemis Willem van Schalkwyk van In Bloom op Frans
Bloemis Willem van Schalkwyk van In Bloom op Franschhoek het verlede jaar gesorg vir die groen installasies en blomme op die stel. Foto: Chriss Kleynhans

Ons sien al sedert die wedstryd in 2011 begin het, hoe inspirerende vroue hul stories en menswees met die wêreld deel. Hoe dit sorg vir nuwe perspektief en bemoedig. 2023 is dalk net jou jaar!

 Die reling vol klere wat stylredakteur Fanie Cron
 Die reling vol klere wat stylredakteur Fanie Cronjé gebruik het om almal voorbladgereed vir die fotosessie te kry. Foto: Chriss Kleynhans

As deel van die Top-5 vir SARIE Voorbladgesig sal jy saam met die wenner van SARIE Nuwe Gesig tydens ’n fotosessie in die Kaap afgeneem word. Die wenner word by ’n glansete op 2 November bekend gemaak en verskyn op die voorblad van ons Nov/Des-uitgawe.

Nes ander jare was die foto’s in die kreatiewe han
Nes ander jare was die foto’s in die kreatiewe hande van fotograaf Leana Clunies-Ross, wat weer eens gesorg het vir pragvoorblaaie. Foto: Chriss Kleynhans

In die aanwysing van SARIE Nuwe Gesig op SARIE.com, val die Top-5 een vir een weg totdat die wenner op 4 Oktober op die webtuiste aangekondig word. Sy sal op die voorblad van ’n kleiner weergawe van SARIE verskyn.

Daarmee saam het elk weggestap met ’n Caribbeantan
Daarmee saam het elk weggestap met ’n Caribbeantan-geskenkpak met van verbruining- tot verglansingsprodukte. Foto: Chriss Kleynhans
Die SARIE Voorbladgesig-finaliste en SARIE Nuwe Ge
Die SARIE Voorbladgesig-finaliste en SARIE Nuwe Gesig-wenner van 2022 het elk ’n essence-skoonheidsakkie ontvang. Foto: Chriss Kleynhans

WAT GEBEUR VOLGENDE?

12 Mei: Inskrywings sluit vir SARIE Voorbladgesig en SARIE Nuwe Gesig

SARIE Voorbladgesig

Brittany Hope Smith, SARIE Voorbladgesig 2022. Fot
Brittany Hope Smith, SARIE Voorbladgesig 2022. Foto: Leana CR

30 Junie

Top-30 verskyn in SARIE se Julie/Augustus-uitgawe

1 September

Top-5 verskyn in die September/Oktober-uitgawe

20-22 September

Top-5 doen fotosessie in Kaapstad

2 November

Brittany Smith, SARIE Voorbladgesig 2022. Foto: Ch
Brittany Smith, SARIE Voorbladgesig 2022. Foto: Chriss Kleynhans

Wenner word aangekondig tydens ’n glansete

3 November

Die SARIE Voorbladgesig-wenner verskyn op SARIE se November/Desember-voorblad en wen R10 000 kontant!

SARIE Nuwe Gesig


 Lindy Maree, SARIE Nuwe Gesig-wenner 2022
Lindy Maree, SARIE Nuwe Gesig-wenner 2022

8 Augustus

Top-30 word aangekondig op SARIE.com

1 September

Leer ken die Top-5 op SARIE.com

20-22 September

Fotosessie van wenner in Kaapstad

4 Oktober

Aankondiging van wenner op SARIE.com

3 November

Lindy Maree, SARIE Nuwe Gesig 2022. Foto: Chriss K
Lindy Maree, SARIE Nuwe Gesig 2022. Foto: Chriss Kleynhans

Die SARIE Nuwe Gesig-wenner verskyn op ’n effens kleiner weergawe van SARIE se November/Desember-uitgawe en wen ook R10 000 kontant!

Skryf vandag nog in vir SARIE Voorbladgesig 2023!

Dertien jaar gelede het die eerste wenner van SARIE Voorbladgesig op ons voorblad gepryk – Alrie Velleman van Gqeberha.

Verlede jaar was Brittany Smith ons wenner.

En nou is dit tyd om ons 13de Voorbladgesig te kies. Dalk is dit jou jaar!

Dit is ook die vierde jaar dat ons SARIE Nuwe Gesig, spesiaal vir leerders van gr. 10 tot gr. 12, aanbied.

Ons vennoot van die afgelope vyf jaar, die Isa Carstens Akademie, kry boonop ’n nuwe spanmaat, African Extracts, en sáám is ons opgewonde om te sien wie vanjaar met die voorblad wegstap.

Gryp die geleentheid aan om deel te wees van iets besonders!

JONGSTE UITGAWE

Mei/Junie-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees