Só lyk Theuns Jordaan se perfekte vrou

akkreditasie

Ons het vir ons Januarie-uitgawe met die gewilde sanger Theuns Jordaan gesels. Hy verklap aan SARIE-joernalis Marguerite van Wyk hoe die perfekte Mev. Jordaan sal lyk.

Marguerite: Jy beskou jouself as die “perfekte trou-date”. Maar hoe lyk die “perfekte Mev. Jordaan”?

Theuns: Ek is baie lief vir vasdans, soos die Kapenaars. Two-step. (Lag.) Dis hoekom ek ’n lekker trou-date is. “Aansoekers” moet foto’s stuur na SARIE, met haar pa se plaas op die agtergrond en haar selnommer. (Lag.) Nee, moenie dit insit nie. Sy moet tog net nie aansitterig wees nie. Of iemand wat hou van glamorous goed nie. Plain. Sonder fieterjasies, maar slim.

Hoe klink “plain met ’n brein vir Mooifontein” [sy geboorteplaas] op die voorblad?

Jy’s on a roll. So iets. Ewe tuis op die plaas as in ’n aandrok. Ek weet nie of ek eendag op my geboorteplaas sal gaan woon nie, maar dit is heerlik om by my ouers te gaan kuier, te herlaai. Eintlik sal ek daarvan hou om die leefstyl van ’n boer te hê, sonder dat ek hoef te boer.

Lees die volledige onderhoud met Theuns in die Januarie-uitgawe van SARIE. Laai dié uitgawe digitaal op jou rekenaar, tablet of slimfoon af.

FOTO: Phyllis Green geneem by Rademeyers, 021 993 5844, info@rademeyers.co.za FOTO: Phyllis Green geneem by Rademeyers, 021 993 5844, info@rademeyers.co.za

Lees nou

JONGSTE UITGAWE

Januarie/Februarie 2022

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees