Deel

Voorbladgesig 2022-kompetisie: SARIE-wenke om goeie foto’s van jouself te laat neem

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Goeie begin sal wees om seker te maak jy werk sagkens met jouself nog voordat die eerste foto geneem word. Waak teen daardie binnestemmetjie wat jou kliphard kritiseer en negatief laat voel.

Onthou, #JyIsGenoeg. Elke mens beskik oor ’n unieke skoonheid en fotografie is een manier waarop dit uitgebring kan word.

  • Rus goed voordat jy voor die kamera verskyn.
  • Benader jou fotosessie met selfvertroue. As jy angstig voor ’n kamera voel, werk eerder daaraan om daardie emosies in opwinding en selfvertroue te omskep en jy sal die resultaat in die foto’s sien.
  • Hou dit eenvoudig, maar fokus op ’n sterk postuur.
  • Kyk na foto’s in tydskrifte en oefen voor die spieël om die regte posisie te kry.
  • Maak seker jou hare lyk reg vir jou en dra klere wat jou goed laat voel.
  • Weet wat jou sterkste bates is (byvoorbeeld jou oë, jou skouers, jou hande) en laat dit die fokus wees.
  • Druk jou skouers terug sodat jy nie vooroorgeboë lyk nie.
  • Hou jou arm weg van jou lyf, net effentjies, om te verhoed dat jou foto’s plat en rigied lyk.
  • Waar moontlik, hou jou middellyf oop.
  • Die kamera tel baie meer detail op as wat jy met die blote oog sien.
  • Naels moet goed versorg wees.
  • En skeer of waks maar gerus as jy ’n vollengte foto instuur waar jou bene sigbaar is.

Moenie vergeet om pret te hê terwyl die kamera voortklik nie!

Skryf in!

Tyd vlieg. Dit voel soos gister dat beplanning vir die kompetisie SARIE Nuwe Gesig vir ons jonger lesers gedoen is – en hier soek ons nou al die derde Nuwe Gesig!

Dit is ook tyd om die 14de* wenner van SARIE Voorbladgesig, in trotse samewerking met Isa Carstens Akademie, te vind. Sedert die kompetisie in 2011 begin is, het lesers vir ons gewys hulle glo in die mantra #JyIsGenoeg deur in hul duisende in te skryf.

Hierdie is ’n geleentheid om jou storie te deel en ander te inspireer. Skryf in, jy is dit werd.

Skryf hier in!

* Twee jaar, 2016 en 2017, het elk twee wenners opgelewer.

SARIE Voorbladgesig en SARIE Nuwe Gesig: Hier’s jou reëls

JONGSTE UITGAWE

Maart/April-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees