
Die Top-10 in die SARIE Voorbladgesig-wedstryd is Maandag op kykNET aangekondig en nes verlede jaar kan jy al die aksie op kykNET dophou.
Hier kan jy ook eksklusief die lokprent van die opwindende tweede episode kyk.
Die reeks het op 14 Augustus om 17:30 op kykNET (kanaal 144) begin. Jy kan die naweek nog die eerste episode se herhalings kyk, loer hier onder na die speeltye. Maak seker jy is Dinsdag 21 Augustus voor die kassie!
Hier is episode 1 se herhalings:
Dinsdag 14 Augustus, 17:30 op kykNET
Woensdag 15 Augustus, 10:30 op kykNET
Donderdag 16 Augustus, 12:30 op kykNET
Vrydagdag 17 Augustus, 09:30 op kykNET
Saterdag 18 Augustus, 14:30 op kykNET
Sondag 19 Augustus, 10:00 op kykNET
Maandag 20 Augustus, 12:30 op kykNET
Lesers kan die finaliste in ons Augustus-uitgawe ontmoet, en Netwerk24-intekenare kan nou aanlyn loer, klik hier om na die artikel te gaan.
SARIE Voorbladgesig 2018 word met trots geborg deur Montblanc Lady Emblem, INOAR, Isa Carstens Academy, Kalahari en kykNET.