Aimeé wil 'verskil maak in tieners se emosionele welstand'

akkreditasie
Aimeé is ’n graad 10-leerder van die Hoërskool Pionier op Vryheid in KwaZulu-Natal. Haar groot droom is om ’n verskil in tieners se emosionele welstand te maak.

SARIE Nuwe Gesig word met trots geborg deur Isa Carstens Akademie en Lavish'd

FOTO Instagram / Aimeé Bosman

Die Covid-tydperk het my geleer dat …

’n Mens moet aanpasbaar wees en sosiale interaksie is belangrik vir jou geestesgesondheid. Belangrikste van als, dat pajamas nie net vir die aand bedoel is nie! 

As ek net drie apps op my foon mag hê, dan kies ek ... 

WhatsApp (sodat ek in kontak met familie en vriende kan bly wat nie naby my woon nie), Pinterest (sodat ek daagliks nuwe inspirasie kan kry) en TikTok (omdat ek dit ongelooflik geniet om te dans).

Aimeé se inskrywingsfoto's
Aimeé se inskrywingsfoto's
Aimeé se inskrywingsfoto's

Watter Suid-Afrikaanse vrou inspireer jou, en hoekom?

Dr. Thakgalo Thibela, omdat sy spog met die titel van die jongste dokter in Suid-Afrika (sy is 21 jaar oud). Sy is vinnig deur die laerskool en ook hoërskool en het op die ouderdom van 15 gematrikuleer. Sy het gesê dat hoewel haar omstandighede nie juis gunstig was nie, kon sy haar drome waar maak: “It is a reminder to all the young girls that we can be whatever we want.”

Wat sal ’n werklikheidsreeks oor jou lewe genoem word?

Probeer byhou, met Aimeé!

FOTO Instagram / Aimeé Bosman

Wat is jou lewensdroom?

Ek droom daarvan om eendag ’n werk te hê wat my toelaat om om die wêreld te reis en om iemand te wees wat ’n verskil maak in tieners se emosionele welstand.

Aimeé in ’n neutedop

1. Winter of somer? Somer

2. Koffie of tee? Tee

3. Bordspeletjies of fliek? Fliek

4. Hond of kat? Hond

5. Boek of tydskrif? Boek 

6. Soet of sout? Soet

7. Jeans of rok? Jeans

8. TikTok of Instagram? TikTok

9. Twitter of Snapchat? Snapchat

10. Wildtuin of see? See

SARIE Nuwe Gesig word met trots geborg deur Isa Carstens Akademie en Lavish'd

JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees